Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-01-19 Views:  1079
Author:  JFK
Published in:  Reviews/Resensies
Ons Pas Mekaar Op!

Die beste aankope wat Harties.net aangegaan het was om te 'invest'  in 'n Twee-rigting Radio waarmee ons almal onmiddelik 'n ongemaklike insident kan rapporteer en hulp is binne oomblikke by jou. Bravo November Radio Netwerk (BNN) het geen probleem dat jy hul 3 uur die oggend op die radio roep want jy hoor jou bure se honde gaan verwild te kere... en dan kom kyk hul of als veilig is om jou.

Ek wil met groot plesier die diens vir jul almal aanbeveel wat dit nog nie het nie! Dis maar R1200 eenmaalse betaling en so af en toe vra hul doenasies want dis al ons vrywillige mense met voltydse werke wat uit hul pad gaan om ons dorp veilig te hou!

Skakel gerus Pete Baine op 083 252 2679 in Waterfront straat en hy sal als mooi vinning vir jou kan reel.

Self die kere wat die krag sommer net afgaan, rapporteer 'n radio lid dit en binne minute word aksie geneem deur die Netwerk - hul kontak die regte mense en gee ons terugvoering oor die probleem en hoe lank dit gaan vat. Dieselfde geld vir water wat afgesny is of pyp wat gebars het. Dan help hul ook met mediese nood gevalle en ja hul gaan kyk watse honde blaf so aanhoudend 4 uur die oggend by jou buurman; 'n boom wat oor die pad geval het, 'n huis wat aan die brand is, die tonnel se robot wat nie werk nie - dis als waadevolle inligting om te weet.

En dan word alle 'scaly'  karakters wat in ons strate rondsluip ook sommer dop gehou en kyk wat hul beplan.

Die Radio Netwerk maak alreeds 'n massiewe verskil in Harties en die skurke kom dit ook agter, so hul maar versigtig vir die gemeenskap Radio Netwerk!

Harties.net beveel hierdie diens aan vir almal en ons is so dankbaar vir die honderde vrywilligers wat in die agtergrond ons veiligheid verseker.

Kry vir jou familie 'n Radio en beleef 'n meer geruste tyd in ons lieflike dorpie!

Vriendelike Groete

Kobus JFK


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer