Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-11 Views:  708
Author:  karelnel
Published in:  Stories
Erg,erger, Ergste?

Erg, erger, ergste?

 

Ek kuier die annnerdag by my suster – hulle bly in ‘n aftree-oord, en daar het hulle ‘n gawe klomp bejaarde mense (wat vir mekaar omgee) as vriende. In die kompleks is daar ook ‘n hegte Bybelstudie-vriendekring wat gereëld bymekaarkom, gelei deur die plaaslike NG predikant.

Dit was juis in die tyd toe die leierskap van die NG-kerk in die hoëre kerkvergaderings so geworstel het met die probleem van ‘Gays-in-die-kerk’. Ons weet mos almal watter wroegings dit veroorsaak het en hoe baie dit in die media beskrywe en tussen mense bespreek is. Vir ‘n rukkie was dit mos hoofopskrifte in die koerante.

Die dominee kom in die tyd na die bybelstudiegroep toe en toe hy an die beurt kom waarsku hy hulle dat hy die aand met hulle “’n baie ernstige saak” wil behandel.  Soos te wagte het hy dadelik die  groepie bejaardes se aandag gehad.  Een van die ou tannies sê toe na ‘n paar sekondes se nadenke: “Agge nee dominee – ons wil nie hier ook weer praat oor die gay-kwessie nie!”

Half uit die veld geslaan sê die dominee, dat hy eintlik gedink het om met hulle te praat oor die dood.

Waarop die ou tannetjie sê:  “Nee-wat dominee – dis heeltemal reg. Gaan gerus voort!”  ;-)

---000---

KPJ Nel

2016-02-11

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer