Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-13 Views:  915
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Stoppelland

Stoppelland

 

My hart is ‘n stoppelland

kaalgestroop en

afgebrand

 

Die koringoes is weggery

en alleen het ek

oorgebly

 

Die suising van die wind

het my hart  in ys

toegebind

 

Jy gaan langs ver paaie weerloos loop –

Wanneer, eendag, bloei my hart weer oop?

 

---000---

 

2004/03/06


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer