Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-13 Views:  719
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Passiemens

Passiemens

 

Selfs uit die donker

lewensmoeras sprankel jy

soos ‘n glanswit lelie

of ‘n immergroen

fosforbesie

in die duisternis.

 

Jou lag

uit ongeprospekteerde menswees

klink verlokkend, verleidelik,

verfrissend op uit

die kringe van

mensehopeloosheid.

 

Jou oog is die supernova

van miljoene

glansende sterre

wat ontplof

om te kwetter soos

in ‘n vrolike

vroegoggend voëlparadys.

 

Jou lewe is soos verkwikkende

strome wat lewegewend vloei

en selfs jou weggaan

laat ‘n herkenbare  warm skaduwee

wat nog lank vertoef

en gedagteringe opwek soos

‘n plons in

‘n ewige dam...

 

---000---

 

 

2002-02-17 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer