Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-14 Views:  774
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Aalsmeer Blommemark

Aalsmeer Blommemark

 

‘n Kleurpallet

van twintig hektaar groot

met blomme keurig inverpak

in duisend waens rondgestoot.

 

Van elke denkbare vorm en kleur

‘n blomme ensiklopedie

wat elke dag opnuut gebeur

soos ‘n ryke tappeserie!

 

Aanhoudend kom flenters kleur verby

blomme by die ton

getrek in waentjies ry op ry

sonder ‘n skrefie son.

 

Miljoene blomme, tog geen tuin

maar ‘n bloeisel-industrie

of ‘n oopgroef konfetti myn

edel kleure aan wie hoogste bie.

 

Mens, masjien en rekenaar

werk alles so effektief

half-elf smorens is alles klaar

want blomme bederf so gou seblief!

---000---

2000-12-13

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer