Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-14 Views:  946
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Blommeverkoopster Van Aalsmeer

Blommeverkoopster van Aalsmeer

 

Onbeskeie,

parmantig,

half-ru,

tog fraai

waar sy met

haar karretjie tru

om blomme

af te laai.

 

Bloeisel in

‘n blommeparadys

van kleur

met jean en tekkies

tog vrou

waar jy geur

en blomme

bring by

baie plekkies.

 

Gids by

‘n blommetrein

verfrissend-ongewoon

wat verskyn

waar jy met

oor- en mikrofoon

duisend kleure wys

en dan verdwyn.

---000---

2000-12-13

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer