Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-21 Views:  548
Author:  JFK
Published in:  From the heart/Uit die hart
Wat Is Die ‘magic Van Harties?

Ek het ‘n paar jaar terug kontrak werk hier gedoen en is toe weer weg. Gelukkig voor ek weg gegaan het, het ek saam Fanie Smit, Harties.net begin; want ek het toe al die potensiaal gesien. Maar ek kon nie Harties van my gedagtes af kry nie en ek het alles gedoen om terug te keer hiernatoe. So wat is die trek krag wat my hier hou? Ek het terug Harties toe gekom op ‘n droom en in geloof!

 

Meeste van die dae is dit te warm vir my; ek is alleen hier sonder familie so ek doen nie al die toeriste dinge nie; ek’s nie ‘n baie sosiale mens en gaan nooit uit op ‘n jol of spandeer die aand by ‘n pub. So wat hou my hier?

 

Hoekom is Harties so belangrik vir my? Waarom is ek so ernstig omgekrap as die kriminele ons mense seer maak en skade aan rig? Of waarom raak ek ‘upset’ oor die politiese gemors waarin ons is wat ons basiese dienste heeltemal opgefoeter hou? Hoekom pla dit my ook as die toeriste op ‘n naweek varke van hulself maak hier in ons pragtige mooi plek?

 

Wat is die krag van Harties wat my ‘n passie vir die plek gee? Ek raak saam almal bly as ons eie mense potholes regmaak, maar word ook kwaad dat die dienste wat betaal word om dit te doen, dit nie doen nie. Asook raak ek saam almal kwaad vir lokale jaag duiwels wat die strate onveilig maak, die kriminele insidente en als rondom ons.

 

Ek gaan nie die lotto hier wen nie en beslis nie oornag ‘n miljoener word... maar ek bly hier en raak net so emosioneel oor wanneer iemand nou alweer ‘n hondjie verloor en net so bly as hul hom weer kry. My hart raak seer wanneer hul erens inbreek en ek worry as gewapende ‘gangs’ die mall aanval.

 

So waarom is ek hier?

 

Ek is Harties.net; net vir Harties! Dit beteken ons webtuiste het ‘n doel om ons mense bymekaar te kry; ‘n plek waar almal vrye toegang het tot alle informasie rondom Harties. Harties.net was oorspronklik begin om ‘feel good stories’ te vertel, en ja dis nogsteeds ons hoof doel om so te maak.

 

Maar die werklikheid is; ons is omsingel deur hartseer en pyn... hier is diepe lyding en droefheid. Dit is net so belangrik dat ons dit ook deel en dit saam in ons harte voel.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer