Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-23 Views:  673
Author:  karelnel
Published in:  in Memoriam/in Herinnering
Die Een Is Vir Piet

Net soos die Comrades wedloop, is die Argus fietstoer in die Kaap jaarliks ‘n baie belangrike sportgebeurtenis in ons land en trek duisende passievolle, hoopvolle, fikse (en onfikse) deelnemers en ondersteuners. Ek verneem dat die dag as die wind waai gedurende die wedstryd , dan is dit nag, veral vir die onfikses. Maar miskien is dit altyd nag vir hulle? Hierdie wedloop het reeds in 1978 begin, met die idee om veilige fietsroetes in Suid Afrika te bemark en bevorder.

Een van ons eie Harties vriende, Renier Balt, het reeds in 1992 die eerste keer die Argus voltooi – en hy erken self dat hy onfiks was en ook onvoorbereid, maar dat sy entoesiasme hom deurgedra het! Dit nadat ‘n kollega hom uitgedaag het om die stap te neem. Dis natuurlik die jare toe Renier nog jonk en mooi was – nou is hy nog net mooi.