Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-02-25 Views:  497
Author:  JFK
Published in:  History/Geskiedenis
Kan Ek TYD En Die TOEKOMS Verander?

Soos gewoontlik het ek eers omtrent half 2 vanoggend die lig en tv afgesit en in my bed geklim (of eerder OP my bed geklim; dis te warm innie bed).  Ek het die interessantste droom gehad wat my gedagtes nou prikkel.

In my droom was ek betrokke in ‘n tyd verskuiwing gebeurtenis. Nou wonder ek; kan ek die toekoms verander?

Kom ek gee jul ‘n voorbeeld... gister het ek ‘n keuse gehad om my klient 6 uur die aand te sien om sy besigheids kaartjies en plakkers wat ek ontwerp en laat print het, vir hom te gee plus ‘n paar veranderinge te bespreek wat hy benodig op sy webtuiste wat ek ontwerp en gepubliseer het.  Nou is daar twee moontlike toekomstige implikasies; of ek sien hom 6 uur die aand en ons doen wat nodig is daar en dan... of ek skeduleer ‘n ander afspraak vir ‘n ander dag en ons doen dit dan. My besluit om dit wel daar en dan te doen was ‘awesome’; ek het ‘n lekker stuk gebraaide ‘steak’ met boere pap en sous ete saam hom gedeel! (of soos hy gesê het ‘ons breek saam brood’... so mooi gebaar!)

Watse implikasie het dit op Harties.net se toekomstige sukses as ek onmiddelik dinge doen of later?

Ek onthou jare terug was daar ‘n fliek oor ‘time travel’ en hul het ‘n geleentheid gehad om Hitler dood te maak nog voor enigiemand geweet het wie hy is of wat hy sou doen. Wat sou gebeur het as hul wel Hitler vroegtydig dood gemaak het toe hy nog ‘innocent’ was...?


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer