Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-03-09 Views:  502
Author:  Fanie
Published in:  Do It ourselves/Doen dit self
Ou Wapad Verfraaing Vorder

As die mense eers eenmaal gees gevang het is daar nie keer aan ons Hartiesers nie.

Neem maar die verfraaïng van Ou Wapad. Hier het Irene en Sharon aangegeaan met hulle boompie projek en nog 40 Vaderlandswilge aangeplant. Ben en Josef is hulle getroue regterhande wat die harde werk doen.

Dan kyk NVirotek Lab na die Ou Wapad sirkel wat reeds pragtig vertoon.

Die gemeenskap word geïnspireer en Ben en Josef kry gereeld chips, water of Coke by waarderende inwoners wat daar verby ry. So maak ons mense ook hulle harte oop en skenk kunmis, miergif, verf en etlike ander benodigdhede. Sien hier waar Ben besig is om die muurtjies by die bruggie in Ou Wapad te verf. En wat 'n verskil maak so iets nie aan ons dorp nie!

 

Mens kry nuwe hoop vir ons dorp as mense vergeet om te kla en hulle energie eerder kanaliseer daarin om iets te doen aan die situasie.

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer