Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-03-21 Views:  608
Author:  JFK
Published in:  CrimeStop!
BUURTWAGTE MAGS VERTONING SUKSES!

Gistraand 21h00 het 24 manne en vroue van Schoemansville Buurtwag en Harties Watch Buurtwag (HWE) by MBT bymekaar gekom vir 'n gesamentlike 'bundu bashing exercise' in die wye velde tussen Melodie en Schoemansville. Verskillende spanne was saam gepaar en ‘n plan van aksie reg gekry vir die roetes wat ons te voet moes patrolleer. Die spanne is bysgestaan deur Clive van PWV. Die fokus was op opsporing van sluip-slaper plekke in die bos.

So het ons toe verskillende rigtings verdaag en die donkerte ingevaar met ‘flash jackets’ flitse en vol radio’s. ‘n Goeie gees van spanwerk het oor die groepies versprei en ons almal was reg vir die ‘mission’.

Terwyl ek en Pat agter Andries suide toe geloop het na die ‘swamp lands’, was Fanie en Rudi noorde toe met ‘n plan. Ek het natuurlik my beste (nuwe) loop stewels en kerk jeans aangehad toe ek sien Andries beweeg doelgerig verder die donkerte in met sy loopstok en flits; noodgedwee het ek opgevang want ons het mos ‘n ‘buddy-buddy’ sisteem in geval ‘n kollega hulp so benodig.

Toe gebeur die snaakste ding terwyl die ouens my vra oor my flits wat so skerp skyn soos ‘n vuurvlieggie… van die onderkant af begin ek toe nat word; dit trek deur my spog stewels in sommer verder op in my kerk jeans ook net tot onder my kniee… swamp water. Natuurlik sal ek, stads japie nou ook loop deur elke liewe doringboom oppie pad en moet myself kort kort bevry.

Maar nou ja, Andries was doelgerig en nie lank kry ons hierdie uitgerigte, mooi weg gesteekte kamp met ‘n ordentlike ‘gekoopte’ kamp tent, ‘cooler box’ klomp winkel visstokke,