Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-03-21 Views:  464
Author:  JFK
Published in:  Message/Boodskap
Het Jy Al Ooit Aan Die Dood Gedink?

   

Shrekie Joey Haywood

March 21 at 11:33am

 

   

Dagse! Het jy al ooit aan die dood gedink? Oor, wat gebeur nadat jy dood is? Dis menslik om daaraan te dink. Die groot vraag egter, is: As jy vandag doodgaan, sal jy hemel toe gaan? Voordat jy antwoord, lees hierdie verhaal. In 1871 het 'n vuur die stad Chicago verwoes. Driehonderd mense is in die vuur dood en 'n honderdduisend mense is dakloos gelaat. Die prokureur Horatio Gates Spafford, 'n vriend van D.L. Moody, het mense gehelp om terug op hulle voete te kom. Na twee jaar se aanhoudende werk, het hy en sy familie besluit om 'n broodnodige vakansie te neem. Hulle het beplan om na Engeland te reis, waar hulle by Moody se evangeliese kruisvaart sou aansluit, van waar hulle sou voort reis na Europa. Iets het egter voorgeval, en Spafford het sy gesin vooruit gestuur, waarna hy hulle in Engeland sou ontmoet. Hulle het dit egter nooit gemaak nie. Naby Newfoundland het hulle skip teen 'n Engelse seiljag gebots, en hulle het binne twintig minute gesink. Spafford se vrou, Anna, het oorleef deur aan drywende wrakstukke vas te klou, maar al vier hulle dogters het verdrink. Die volgende dag het Spafford hierdie verskriklike twee-woord telegram van sy vrou ontvang: 'Alleen gered!' Hy het onmiddellik vertrek om by haar te wees. Later, toe hy hulle verhaal aan D.L. Moody oorvertel, het Spafford stilweg gesê, 'Dit is goed; die Here se wil het geskied.' Dit was daardie dae van oorheersende smart wat hom geïnspireer het om die geliefde gesang te skryf wat so baie mense al vertroos het: 'When peace like a river attendeth my way; when sorrows like sea-billows roll. Whatever my lot, Thou hast taught me to say: It is well, it is well with my soul. 'Kan jy hierdie woorde sing? Jy kan as jy Jesus as jou persoonlike Verlosser aanvaar. Hoekom doen jy dit nie vandag nie? Wie weet wat more sal bring?

Geseende daggie vir jou.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer