Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-03-28 Views:  1112
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Buurtwag Veg Terug - 2 Oggenduur Rowe Kortgeknip In Ifafi

Dit is 'n taamlik besige paasnaweek in terme van sekuriteit en die skelms is in getalle uit om ons gemeenskap te beroof. Al die buurte loop deur en dit gaan ook rof op die plotte. Dit mik al na oor die 20 huisbrake in Hartbeespoort hierdie paas naweek en dit lyk erger as laas jaar. Die patroon is vroeg oggend - vanaf 3 uur. Dis wanneer die mense op hulle diepste slaap en dis ook die moeilikste tyd vir gemeenskap vrywilligers wat patrollie ry.

Die inwoners kan getuig van alarms en skote - ook in ons woonbuurte - hierdie tyd van die oggend. Vrydag aand was daar skote in Ifafi wat almal op hol gejaag het. Eers was daar onrustigheid - honde en alarms op dieselfde tyd in Melodie en Buskruit straat. Daarna klap die skote net na middernag en die mense druk hulle alarm paniek knoppies. By nadere ondersoek was dit in die omgewing van Charl en Madelein strate.

Die buurtwagte veg verbete terug en ons sien dat Trevor van Plotwag 'n inbreker op heterdaad betrap het Saterdag 4:45 in die oggend waar hy besig was om 'n kluis deur die Hoërskool se hoof hek te dra. Dis hoe astrant hulle word!

 

Sondag oggend het Herman Kock van HWE patrollie gery toe hy afkom op 'n huisbraak in proses in Ou Wapad. Hy het die 2 booswigte gejaag en hulle het spore gemaak in die dam se rigting. Herman het ook hulp ontbied en Clive van PWV en Hugo Swanepoel het vinnig kom bystaan. Die skelm het 'n TV, X-Box en ander goedere gesteel het. Hulle het DVD's in die tuin laat val in hulle haas om weg te kom.

 

 

Herman het die volgende oggend die omgewing gaan fynkam en die volgende "glow in the dark" merker gekry wat gebruik was om die spesifieke venster te merk waar hulle ingebreek het:

 

As gevolg van Sondag oggend se insident, het Herman, Hugo en Hennie weer vanoggend (Maandag) Ifafi gefynkam en jou wrintiewaar 4 uur vanoggend weer afgekom op 'n huisbraak in proses - hierdie keer in Cannon straat. Hierdie keer het die skelms spore gemaak met 'n Laptop, asook 'n Tukkies student se studie materiaal.

 

Ons sê dankie aan almal in al die buurtwagte wat verbete terugveg teen die skurke wat in die vroeë oggend ure rond sluip en op ons mense se besittings en gemoedsrus inbraak maak. Dankie ook aan Herman en sy span - laat weet hoe ons julle kan ondersteun en bemagtig om verder 'n verskil te maak!

Ons wil Harties se mense vra om die beoogde gesamentlike gemeenskap beheer sentrum te ondersteun. As alles goed verloop en ons almal 'n positiewe samewerkingsgesindheid aanneem dan kan die gemeenskap beheersentrum spoedig 'n realiteit word. Hierdie sal dan kommunikasie en inligting deling tussen buurtwagte versterk en sodoende help om die krake aan te spreek in ons dorp se gesamentlike aksie teen misdaad.

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer