Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-04-09 Views:  1698
Author:  Fanie
Published in:  Harties Heritage/Erfenis
Die Kruis Koppie Op Saartjiesnek

HOEV: OPNAME VAN BESIENSWAARDIGHEDE Nr 036

HEHA: SURVEY OF HERITAGE SITES No 036

 

KRUISKOPPIE OP SAARTJIESNEK (EN SCHOEMANBEGRAAFPLAAS)

DATUM geologies en 1955

SAEA BESKERMING (60jr) nee

VERKLAAR nee. GELYS nee

GPS data:X 27.55.23 Y –25.45.41

RIETFONTEIN 485JQ. GEDEEELTE 134

PAD: K27 (R511) op Saartjiesnek.

 

 

Die bekende skilder, Hendrik Pierneef, het in 1925 in opdrag van die Spoorweë twaalf skilderye van Suid-Afrikaanse landskapppe in die stasie van Johannesburg geskilder. Hierdie gesig op Hartbeespoortdam was vir die kunstenaar so treffend dat hy dit as waardig vir die doel beskou het. Dit wys die pad nog as ‘n rowwe gruispad, en die koppie nog sonder die kruis. Die dam is nog nie heeltemal vol en geen huise is getoon nie.

 

The famous artist, Hendrik Pierneef, was commissioned to paint twelve landscapes for the station in Johannesburg. He chose this view of Hartbeespoortdam. The road is still a rough track, the dam is not yet full and there are no houses to be seen. Or did Pierneef feel that they would have spoilt the picture? The cross only came in 1955.

Saartjiesnek is in die Witwaterbergreeks ten suide van die dam en vorm die belangrikste ingangspoort na die Hartbeespoortdamgebied. Die bergreeks is feitlik ‘n kleiner weergawe van die Magaliesberge en bestaan uit grotendeels dieselfde rotsformasies.

 

Daar is verskillende verklarings vir die oorsprong van die naam, “Saartjiesnek”: Een lui dat dit ‘n vervorming is van “seargent’s neck” en verwys na ‘n Britse sersant. Die nek het egter nie ‘n rol in die oorlog gespeel nie. Die ander verklaring lui dat die nek eers baie onbegaanbaar was maar dat ene Martiens Jones (Die Jonese was ou inwoners van Welgegund wat hulle van in Afrikaans uitgespreek het.), gereeld groente met sy skotskar en muile oor die nek gery het nog voordat daar werklik ‘n pad was. Met ander voertuie moes ‘n mens deur die poort by die rivier ry, wat ‘n ompad was. Daar was toe ‘n tant Saartjie Mocke wat noord van die berg gewoon het. Sy was ongeduldig en het eendag besluit om die nek teen ‘n spoed met haar perdekar aan te durf. Halfpad het die disselboom gebreek en het sy besluit om alles daar te laat en te stap. Martiens Jones het toe met gereedskap gekom, die skade herstel en die kar en perde daar afgehaal van die nek wat daarna Saartjie se naam gekry het.

 

Aan die noordelike uitloop van die nek is daar ‘n opvallende koppie waarop in 1955 ‘n granietkruis opgerig is. Die koppie is sedertdien bekend as die “Kruiskoppie op Saartjiesnek”.

 

EENMALIGHEID VAN DIE KOPPIE

 

Die eenmalige reëlmatig, koniese vorm van die koppie en sy omraming tussen die berge, met die dam as agtergrond is so opvallend dat dit die aandag van reisigers, kunstenaars en fotograwe van die vroegste tye tot vandag geboei het en bewondering uitgelok het. Kyk bv. Pierneef se groot muurskildery van 1925. HOEV gebruik die beeld ook in sy embleem. Daar bestaan nie ‘n soortgelyke visuele landskap in die NW-Provinsie of in Suid-Afrika nie. Dit is ‘n natuurverskynsel wat tweeduisend-miljoen jaar gelede gevorm is en nie deur mense nagemaak kan word nie. Dit kan egter deur mense maklik geskend en vernietig word.

 

Die paaiedepartement asook Eskom het die eenmaligheid van die koppie respekteer en sowel die pad asook die elektriese lyne rondom geneem eerder as om die koppie te ontsier of te vernietig.

 

Die koppie bestaan uit kwartzietklip wat baie stadig tot sand verweer. Daar is dus geen diep vrugbare grond en daarom is die plantegroei yl en gevoelig vir gevare van brand en vernieling deur mense. Let daarop dat die plantegroei ‘n herhaling in die kleine is van die Witwatersberg se plantegroei met suikerbosse en ander hoëveld-plante suid en bosveld-plante aan die noord- en weshange.

 

BETEKENIS VAN DIE MONUMENT

 

Die Kruismonument is in 1955 opgerig ter gedenking aan Gen Hendrik Schoeman se poging om vrede tussen Boer en Brit gedurende die Anglo-Boereoorlog te bewerk. Die kruisvorm van die monument gedenk ook Jesus Christus se rol as Vredemaker en Versoener. Op die gedenkplaat word verder ook ander miskende vredemakers uit die verlede se name genoem. Die monument is dus ‘n monument vir vrede en versoening en in die sin baie relevant in Suid-Afrika en die wêreld. Die skrif op die granietplaat lees:

 

Hierdie simbool van tragedie en triomf, van oorwinning in neerlaag is opgerig vir Generaal Hendrik Schoeman deur ‘n groep bewonderaars. Wreed is die lot van die siener en die vredemaker. Sy eensame weg voer steeds deur Getsemane na Golgota. Dink aan Hess, aan Petain, aan die Gekruisigde. Maar tragieser is die lot van die wat sy raad met veragting verwerp. Opgerig 1955.

 

Genl Hendrik Schoeman het in 1868 in die omgewing van die Krokodilrivier kom boer (kyk 082). Hy is in 1901 in Pretoria oorlede en op die ou begraafplaas aldaar begrawe. Hy is herhaaldelik deur die ZAR-regering aangestel om vrede tussen strydende partye te onderhandel. Sy welslae met sulke onderhandelings veral tussen Bantoe-stamhoofde het hom roem verdien.

 

Hy, en later sy seun Johan Schoeman was die grootste boere in die omgewing. Die dorpe Meerhof, Schoemansville, Kosmos, Ifafi en Melodie is deur die Schoemans gestig. Johan Schoeman en sy vrou is aan die voet van die Kruiskoppie begrawe. Sy seun, Lincoln Schoeman, het op soek na ‘n geskikte plek vir die graf, terwyl hy in die veld geloop het op ‘n ou beesklok afgekom. Aangesien Johan Schoeman baie lief was vir klokke, het Lincoln besluit dat dit die aangewese plek vir die graf sou wees. Johan Schoeman se vrou, Agnes, ‘n vriendin van die gesin, Annie Lottering, asook kleinkinders en agterkleinkinders van die Schoemans is daar begrawe.

Genl Hendrik Schoeman was bekend as vredemaker eerder as veggeneraal. Die ZAR-regering het hom dikwels aangewend om vrede tussen strydende swart stamme te bewerk.

Gnl Hendrik Schoeman was a better peacemaker than general. The ZAR government often used him to make peace between fighting black chiefs.

KOPPIE WITH CROSS ON SAARTJIESNECK (AND SCHOEMAN GRAVEYARD)

DATE  geological and 1955

SAHRA PROTECTION (60yr) no

DECLARED MONUMENT: no. LISTED: no

GPS data: X 27.55.23 Y –25.45.41

RIETFONTEIN 485JQ. PORTION 134

ROAD: K27 (R511) on Saartjiesneck.

 

Saartjiesneck lies in the Witwatersberg range, south of the dam and is the main gateway to the Hartebeespoortdam area. This mountain range is a smaller resemblance to the Magaliesberg, with the same general rock formations.

 

The name “Saartjiesneck” could have one of several origins. One explanation is that it is an Afrikaans distortion of  “Seargent’s neck”, after a Brittish seargent, but this neck was of no real significance during the Anglo Boer War.

 

Another possible explanation has it that a certain Martiens Jones (The Joneses were residents of Welgegund and pronounced their surname in Afrikaans.), drove his mule driven scotch-cart through the neck when it was still quite impassable for other vehicles. For his scotch-cart with mules it was a shortcut to transport vegetables over the mountain. Other vehicles had to use the pass at the river, which was a considerable detour. Aunt Saartjie Mocke, who lived north of the mountain, for once became impatient and charged this shortcut with her horse-cart. Halfway up the neck, the beam of the cart broke and the old lady decided to walk. Martiens Jones had to go and repair the cart and bring it down again. Since then the neck was named after Saartjie.

 

In 1955 the Schoemans erected a granite cross on the prominent koppie on the northern slope. Since then the koppie got the name of  “Kruiskoppie on Saartjiesneck”.

 

UNIQUENESS OF THE KOPPIE

 

The regular conical shape of the koppie and its location among the mountains, with the dam as backdrop, impressed travellers, artists and photographers for years. Pierneef’s painting from 1925 is a good example. HEHA also uses this landscape in it’s emblem. This is a natural resource without comparison in the NW-Province or South Africa, which was formed two thousand million years ago, that could easily be spoiled by man. Escom as well as the Roads Department recognised this resource and took their developments around the koppie.

 

SIGNIFICANCE OF THE MONUMENT

 

The Cross-monument was erected in 1955 to the memory of Genl. Hendrik Schoeman’s efforts to bring peace between Boer and Brittish people during the Anglo-Boer War. The cross shape also recognises Jesus Christ as Peacemaker. On the plaque, the names of other unrecognised peacemakers are mentioned. This monument to peace and reconciliation is very relevant to South Africa and the rest of the world. The inscription on the plaque reads:

 

Hierdie simbool van tragedie en triomf, van oorwinning in neerlaag is opgerig vir Generaal Hendrik Schoeman deur ‘n groep bewonderaars. Wreed is die lot van die siener en die vredemaker. Sy eensame weg voer steeds deur Getsemane na Golgota. Dink aan Hess, aan Petain, aan die Gekruisigde. Maar tragieser is die lot van die wat sy raad met veragting verwerp. Opgerig 1955.

 

Freely translated:

    This symbol of  tragedy and triumph, of victory and defeat is erected to General Hendrik Schoeman by a group of admirers. Cruel is the fate of the prophet and peacemaker. His lonesome road always leads through Gethsemane to Golgotha. Think of Hess, of Petain, of the Crusified. But more tragic is the fate of those who refuse his advice disdainfully. Errected 1955.

 

Genl. Hendrik Schoeman bought a farm at the Crocodile River in 1868 (see 082). He died in Pretoria in 1901 and was buried there in the old cemetery. He was repeatedly appointed by the ZAR-government to initiate peace between disagreeing factions. He was honoured for his sucsess especially making  peace between black tribes.

 

He, and later his son, Johan Schoeman, were the most prolific farmers of the region. Johan founded the towns Meerhof, Schoemansville, Kosmos, Ifafi and Melodie. Johan Schoeman and his wife are buried beneath the koppie. His son, Lincoln Schoeman, looking for a suitable spot to bury his father, stumbled over a cattle-bell. Since his father was very fond of bells, he decided on that place for the grave. Johan Schoeman’s wife, Agnes, a friend of the family, Annie Lottering, as well as children, grandchildren and great-grandchildren of the Schoeman family are also buried in the graveyard.

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer