Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-28 Views:  1239
Author:  Fanie
Published in:  CrimeStop!
From Plotwatch: Armed Robbery Sat 27 Dec

Van Plotwag:
GEWAPENDE ROOF

Saterdag 27 Des 21hoo

n Gewapende roof by n vakansie-oord op Van der Hoff weg, is die nuutste van n vlaag misdaad wat die inwoners van Hartbeespoort mee moet saamleef. 
Twee oumense is aangehou deur vier Sm’s, almal geklee in kamoefleerdrag. Twee was gewapen met handwapens, en n derde met n haelgeweer. Volgens die eienaar van die oord, het dit voorgekom asof die aanvallers moontlik verbonde kan wees aan n sekuriteitsmaatskappy. Die twee oumense is ongedeerd, maar verskeie items is uit die huis gesteel. 
Ons is sekerlik nie die enigste wat kan kla nie, maar ons eens vreedsame dorpie het skielik verander in n oorlogzone. Met twee moorde op die 24ste Desember, plaasaanvalle, inbrake en vele meer, roep die situasie tot bonatuurlike ingryping. Mag God ons help om tot oortuiging te kom van Sy Almag in omstandighede soos hierdie.

Jou stem hier!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer