Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-04-11 Views:  660
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Kierangs

Kierangs

 

In ons eie parlement

is daar ‘n spul rooi miere -

hul begin en kry nie ent,

soos ooraktiewe kliere -

en vir die hele nasie

is hulle nes purgasie.

 

Nou is daar ‘n woord wat sê

as jy ‘n groot skelm wil vang,

en uitgelewer wil hê,

wees dan absoluut nie bang:

Vra ‘n ander - ‘n kleintjie

hy sê jou oor ‘n wyntjie.

 

Voor die dag van waterkloof,

wie was van gupta bewus?

Lankal al word ons beroof -

heerlik aan die slaap gesus -

tot die rooies staan en traai

dié weldoeners te verraai!

 

Nou kom dit uit - een-vir-een

hoe op bedekte manier

hul party mense wou ‘seën’

kabinetsposte daar, hier -

intussen het nommer een

soos ‘n fossiel stil versteen.

 

‘n Onbekende bytjie -

dis sy wat die bom laat bars -

toe dié een genoem  vytjie

beweer alles is nie vars -

toe sy  detail verhaal het

hoe sy dié pos gefaal het.

 

Toe maak jonas dit ook oop -

dit was hom nie beskore -

want hy was net nie te koop

só was sý pos verlore .

Vir die party word dit nag

nommer een wat nie meer lag.

 

Met verkiesings om die draai

en ‘n meulsteen om die nek

voel die party nou verraai

hul word ondertoe getrek -

aaklig om te sit en wag

en sien hoe die rooies lag.

 

Maar die dodelikste hou,

geplant deur ‘n dapper nooi

en toe die hof daarvan hou

word die handdoek ingegooi.

Dié nooi se naam is thuli

en sy vat gladnie bulli.

 

Snaaks dat ou kamerade

en die manne van die kerk

en die wat sit op drade

nou begin om saam te werk -

maar in die kombers se wol

klou steeds vas die grote ... neet.

 

Hoe moet mens dit dan verstaan -

want dit gaan net maar slegter -

dat die blinde sambok bly slaan

dié dapper vryheidsvegter?

Sou dit nóú begin te blyk

hul heiligheid het gewyk?

 

Dit word nou ge-openbaar

vir die wat maklik vergeet

want dit blyk nou kant-en-klaar

die grootse vryheidsprofeet -

deur al dié soort verstrengel -

was toe nooit nie ‘n engel!

---000---

 

2016-04-09


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer