Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-04-11 Views:  618
Author:  karelnel
Published in:  Poems/Gedigte
Die Groot Trek

Die Groot Trek

 

Die guptas was toe slimmer as ons dink

want hul kon sien toe die skip begin sink

en voordat dinge rêrig begin  lol

het hulle die pad gevat en gehol.

 

Die guptas is weg, al donderdag al

so word oral in die media gesê

hulle het pardoems getrip en geval

soos mense dit mos op twitter wou hê

 

Natuurlik wou hulle hul basse red

moet dit uit verdere nadenke blyk

want mens pak nie sommer op vir die pret

hulle het dalk onthou van arme Zhaik.

 

Toe dit begin warm word om nommer een

pak hulle hul tasse en meubels en pille,

vat met hul straler die pad en gaan heen

want hulle weet wat is goed vir hulle.

 

Beeld sê dis maar ore van die seekoei

wag maar net vir iemand soos thuli

en dat nog baie meer mense gaan bloei

as die nommer een nie meer kan bulli.

---000---

 

2016-04-11


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer