Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-04-18 Views:  1148
Author:  JFK
Published in:  Harties Voortrekkers
Hartbeespoort Voortrekkers - Die Begin

Hiermee sommer enkele intressanthede en inligting rakende Die Voortrekkers. Vir die wegspring-artikel heg ek enkele "ou fotos" aan. Sal met die opvolg heedendaagse foto's stuur.

 

Ons, Harties, se Voortrekker-geskiedenis begin op 18 Julie 1978. Die eerste jaarverslag berig dat ons met 82 jeuglede en 14 volwasselede afgeskop het, nogal 'n prestasie vir 'n nuwigheid. Die bankbalans was aan die einde van 1978 'n allemintige R 102.63.

 

Die eeste Kommando is met die seën van Juffrou Loubser, die destydse hoof van die die Hoërskool, gestig. Van die eerste volwassenes wat betrokke was sluit onder andere Janie Olivier, Thinus Mulder, Heiletjie Oosterhuis, en Ria Ligthelm in. Daar is nog so baie wat diep spore in ons  Kommando-lewe getrap het - soos Hansie Spies, Frik Botha, Magriet Venter, Die Stokers, en Mollers en nog so baie ander - te veel om te noem.

 

Ons betrokkenheid het in 1983 begin met ons oudste dogter Anita wat 'n Mier geword het. In 1989 is ons formeel betrek en in 1994 word Mike Kommandoleier na die skielike dood van Hansie. Daarna was ons redelik deurlopend op die bestuur van die Kommando betrokke en in 2015 het ons die leisels oorgegee aan Adele Fourie en haar bekwame span. Nou is ons "afgetrede" Vories wat net die lekker geniet sonder die verantwoordelikheid.

 

Daar is baie staaltjies om te deel, lekker kampe om van te vertel en baie"onthou-jy-nog's" wat ek graag met julle wil deel in die volgende maand of twee.

 

Vandag sluit ek af met die Grondslag en Wese  van Die Voortrekkers  sodat die wat nie weet wie en wat Die Voortrekkers nou eintlik is nie, darem so 'n idee kan kry.

 

Die Grondslag is "God Drie-enig se openbaring aan ons deur die Bybel en die skepping."

 

En die Wese is "Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hul roeping tot diens."

 

Maandag die 11 April, het nog graad 12's hulle President Verkenner toelatingstoets geskryf waar hulle hierdie Grondslag en Wese hulle eie gemaak het. Ons is trots om sulke puik jongmense Voortrekkers te kan noem. Hulle is die bron van ons toekoms. (Foto's volg).

 

Mike en Annekie Kern


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer