Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-04-23 Views:  464
Author:  JFK
Published in:  Projects/Projekte
Die Meerhof Pad - Terugvoer

 

 

 

 

Tans is twee derdes van die pad klaar voorberei vir teer.

Daar word nou nog Noriet ingery vir die laaste deel waarna dit met sement gemeng gaan word en gekompakteer gaan word. As alles goed gaan, begin hulle vroeg volgende week teer!

Dankie vir almal se geduld, en 'n spesiale dankie aan Wayne, Dave en Eddie van Jacana Bay wat die projek so opreg hard dryf en groot finansiele bydraes maak.

Daar is ‘n opregte versoek vir addisionele fondse van ons gemeenskap om die pad behoorlik geteer te kry en dan ook die volhoubare onderhouding vir die toekoms. Die gemeenskap is nodig om te help met swaer voertuie en busse van die pad te probeer afhou vir juis die rede.

Daar is ook sprake van 'n veldtog tussen Birdwood en Ifafi se mense? Daar is baie van van ons wat ook daagliks die pad gebruik; die hele Hartbeespoort se gemeenskap gebruik die pad.

Baie van die "domestic workers" gebruik roekelose taxi bestuurders en  busse is gretig om die kortpad te gebruik!

Dit was al 3 vorige kere in die Kormorant genoem.

Birdwood se HOA het sement geskenk asook ander onselfsugtige bydraes maar daar word nou gevra vir nog donasies.

Kontak asb Johann Smit van Meerhof  Buurtwag as jy belangstel om by te dra!

UPDATE 25Apr2016 here 

Fotos: JFK
(en dankie vir Bernadette, ons Harties Banting 'Go-to-Girl' wat so hulpvaardig was met die info)


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer