Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-05-04 Views:  810
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Gewapende Roof Helder Oordag In Melodie Kompleks

4 Mei 2016. Net voor 11 vanoggend het 3 gewapende mans toegang tot Creaky Pine kompleks in Melodie verkry deur die hekmotor te aktiveer. Hulle het toegang tot 'n huis verkry en 'n vrou beroof van ondermeer 'n TV, handsak, skootrekenaar en selfone, waarna hulle haar in 'n kamer toegesluit het. Die hele insident was blitsvinnig verby en SAP en sekuriteitsbeamptes was binne minute op die toneel.

Aanvanklik was die boodskap dat die booswigte te voet was en buurtwaglede is via gemeenskapsradio netwerke gemobiliseer om op die uitkyk te wees. Nuwe inligting het egter later deurgekom dat 'n voertuig betrokke was. 'n Sekuriteitskamera toon die waarskynlike voertuig as 'n wit dubbel kajuit bakkie.

 

 

Die hekmotor se deksel is skoonveld, terwyl die klampe afgebreek is. Dit is duidelik dat die skelms op hierdie manier toegang kon kry tot die rugsteun knoppie op die meganisme wat die motor aktiveer. Komplekse word aangeraai om die fisiese beskerming van hulle hekmotors na te gaan en te verstewig waar nodig.

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer