Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-05-20 Views:  1007
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Massiewe Soektog Na Twee Seuntjies Het n Goeie Einde

19 Mei 2016

Na beraming het ongeveer 500 Hartiesers deelgeneem aan die soektog na twee seuntjies,11 en 13, van Meerhof wat gister middag ongeveer 4 uur vermis geraak het. Teen 7 uur het die dorp behoorlik begin gons toe dit bekend geraak het dat die tweetjies te voet na KFC gestap het en nooit terug gekeer het nie.

Bekommerde inwoners het die dorp fyngekam en verskeie leidrade ondersoek. Johan Smit voorsitter van Meerhof Buurtwag het die aksie gelei. Andre Snyman - stigter van Eblockwatch het die 100,000 lede op hulle netwerk geaktifeer en dit was nie lank nie toe versprei die organisasie The Pink Ladies die boodskap wyd en syd. 

Toe een van die leidrade daarop dui dat die kinders moontlik oor die brug is na Oberon is aksie geneem en het inwoners en sekuriteitsfirmas in die Pecanwood area ook begin soek. Gemeenskap radio verbinding was gehandhaaf regoor die dam. Intussen het NSRI 'n boot op die water gekry en SAP se honde eenheid het kom bystaan.

Teen 20 oor 10 die aand gewaar 'n sekuriteitsfirma die kinders oorkant Caravellos waar hulle in die pad langs Kingfisher kompleks afbeweeg. Die boodskap het vinnig versprei en nie lank daarna nie was ouers en kinders weer herenig.

Wat 'n verassing wag toe vir die ouers by die polisiestasie toe hulle daar aankom? Mike en sy vrou van Amazingwe Lodge het 'n hele buffet reg gehad op die grasperk!

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer