Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-05-29 Views:  795
Author:  Fanie
Published in:  Hartbeespoort
Harties Se Bydrae Tot Die Internasionale Satelliet Bedryf

Woensdagaand 25 Mei het Renier Balt vir Hartiesers 'n baie interessante aanbieding gegee oor satelliete. Hy het Hartbeeshoek en sy eie betrokkendheid by die internasionale satelliet bedryf beskryf. Ons ken Renier as vlytige voëlkundige in die dorp, asook die voorsitter van die grootste gemeenskapsradio netwerk in die omgewing, nl. Bravo November.

Maar Renier het hier ook die sluier gelig oor sy vorige betrokkenheid as bestuurder by Hartbeeshoek se satelliet stasie en die internasionale kommersiële satelliet bedryf. Mens kan letterlik laas week se sateliet data van enige kolletjie op die aarde bestel teen halfmeter resolusie. Mens kan ook sodanige bestelling plaas vir goeie resolusie satelliet foto's van enige area op 'n sekere datum. Indien die weer mooi is op daardie datum neem 'n satelliet die foto op jou versoek! Ons almal het dus toegang tot 'n sateliet sou ons belang stel.

Renier het genoem dat RSA se nuutste begroting om en by R 1 biljoen rand gee vir ruimte moniteringsprojekte vanaf die aarde - soos byvoorbeeld die internasionaal beroemde SKA projek, terwyl RSA se satelliet ontwikkelingsprogram tevrede moet wees met 'n 10e van hierdie bedrag. 

Renier is tans betrokke by die Magaliesberg Biosfeer, naamlik kartering van die area. Hierdie bring sy 2 passies bymekaar, naamlik die natuur en die oog in die lug!

Hier volg dan Renier se opsomming van sy aanbieding:

 

Satelliete: Hoe raak dit ons alledaags

Satelliete raak ons daaglikse doen en late maar min... of so dink baie.

Maar met 'n bietjie ondersoek word mens verras deur die wye en toenemende impak van die satellietbedryf op inligting, daaglikse besluite en alledaagse gebruik. Vyf hoofstroom toepassings van satelliete is in 'n onlangse aanbieding uitgewys:

  • Kommunikasie (soos TV uitsendings)
  • Navigasie (soos Global Positioning System (GPS) instrumente)
  • Aard observasie, monitering deur verskillende sensors (Weervoorspellings, Google kaarte)
  • Wetenskap en navorsing (soos die Hubble teleskoop)
  • Eksplorasie en pionierswerk - sendings na veraf wêrelde en planete - (Mars Curiosity)

 

Suid Afrika se betrokkenheid in ruimte-toepassings het reeds begin met die eerste sputnik lansering, en die fasiliteite by Hartbeeshoek het 'n belangrike rol in verskeie internasionale en plaaslike programme gespeel. Vandag is 3 organisasies in bedryf by Hartbeeshoek: Die bedryfsbeen van die SA Ruimte-agentskap (SANSA), die Hartbeeshoek Radio-Astronomie Observatorium (HARTRAO) van die National Research Foundation (NRF) wat op astronomie en geodetika fokus, en Telkom se satelliet kommunikasie fasiliteit.

 

Suid Afrika se Dept van Wetenskap en Tegnologie (DST) investeer in tegnologie en toepassings deur organisasies soos die WNNR (en vele ander). Maar daar word ook direk in die skep van nuwe fasiliteite en stelsels investeer. Tans is die fokus van die DST Astronomie (veral die SKA stelsel - Square Kilometre Array) wat die RSA as 'n wêreldleier in astronomie bevestig. Daar word ook fondse bewillig vir die ontwikkeling van 'n satelliet vir Aard-observasie (via SANSA).

 

Onlangse ontwikkelings in die toenemende kommersiele gebruik van Aard-observasie stelsels is uitgelig: Airbus Defence and Space (ADS) het verskeie produkte bekend gestel, wat deur sy satelliet konstellasie van 10 Aard-observasie satelliete ondersteun word.

 

  • One ATLAS is 'n volledige satelliet kaart van die hele aarde wat vars en kwaliteit inligting bevat, met volledige dekking jaarliks (of meer gereeld) opgedateer.
  • One TASKING gee aan enige instansie (land of organisasie) die vermoë om 'n satelliet te taak vir eie gebruik, en binne een uur na verbyvlug die inligting beskikbaar te hê vir gebruik. Dit is soos om 'n eie satelliet te besit en bestuur, teen heelwat laer koste. Dit is uiters nuttig en belangrik met noodsituasies en rampe
  • GEOSTORE gee toegang tot die volledige argief van satelliet observasies oor verskeie jare versamel. Die Franse SPOT satelliet het sopas sy 30ste bestaansjaar gevier.

 

Suid Afrika is goed verteenwoordig op die onlangse EMEA CFC konferensie van Airbus D&S in Toulouse, Frankryk. Alhoewel Suid Afrikaners slegs 10% van die verteenwoordigers was, was 80% van die toepassings aanbiedings deur Suid Afrikaners op die volgende onderwerpe: Location Based Services (LBS) deur Etienne Louw van TomTom, Kaarte van satelliet-beelde deur Stuart Martin van GTI, Sensus opnames in Afrika deur Hennie Loots (Geospace International) en Oopgroef mynbou toepassings deur Chris Bohme (Pinkmatter solutions)

 

Vir inligting oor die Airbus aanbod en toepassings kan Renier Balt (SMC-Synergy) gekontak word.

082-4607069

renier@smc-synergy.co.za

SMC-Synergy is 'n agent en verspreider van Global Mapper GIS stelsels en Airbus D&S Satelliet inligting


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer