Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-05-31 Views:  736
Author:  Fanie
Published in:  Community/Gemeenskap
Timo Vertel Van Sy Werk By Google EU Hoofkantoor

Laas Woensdag op 25 Mei 2016 het Hartiesers behoorlik aan Timo Dinkelman se lippe gehang toe hy ons vertel hoekom Google as die nommer 1 werknemers maatskappy in die wêreld gereken word.

Timo is bekende en geliefde inwoner Karel Nel se skoonseun en hy kom al die pad van die Google EU hoofkantoor in Dublin om sy insigte met ons te deel. Buiten om ons aandag weer te vestig op die "OK Google" stem aktivering app wat op die meeste fone deesdae is, het hy ook aangetoon hoe mens werklik die beste uit mense kan haal in 'n werksomgewing. Ja - hulle kan werk waar en wanneer hulle wil - solank die resultate net daar is. En - wil jy nou meer - jou kollegas kan jou aangee vir 'n bonus indien hulle voel jy het die ekstra myl geloop.

Die volgende uittreksels uit sy aanbieding sal jou lus maak vir sy opvolg praatjie eerskomende Woensdag 1 Junie - weer 18:30 in die Hartbeespoort Christelike Gemeenskap se gebou. Hierdie keer gaan dit handel oor aanlyn bemarking tegnieke.

(Die laaste skyfie toon 'n kontak lens met 'n sensor wat uit die gehalte van jou oog vog jou insulien vlakke kan meet en kommunikeer)

 

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer