Harties het ‘n plotwag wat ‘n verskil maak

Sekuriteit is belangrik, elke mens wil n lewe lei wat die gekoppel word aan vrees and paranoia om elke hoek en draai nie. Dis wat die nuwe plotwag beoog, om te keer.

Dis geen geheim dat in vandag se tyd, n mens ekstra versigtig moet wees nie, om oor jou skouer te kyk en hou handsak vas te klou onder die arm nie. Hartbeespoort se plotwag, wil die lewe ‘n bietjie makliker maak.

Ons het gaan gesels met Harro Rust, die plot was se voorsitter, om bietjie meer uit te vind, om te hoor wat hul beplan om ons veiliger te maak.

Harro het met ons meegedeel dat die plotwag op die oomblik tussen 350 to 400 lede het met n patrolie wat uit 20 mense bestaan.

Die area wat bedek word, staan bekend as sector 1. Die gebied sluit in die volgende areas; Melodie plotte, Suiwerfontein plotte, Rietfontein plotte and selfs plotte in Kameeldrif Wes wat eintlik onder die Hercules polisie jurisdiksie val.

Die lede kommunikeer grootendeels deur Whatsapp, en af en toe vergaderings, alhoewel hul ‘n informele beweging is. Harro is van mening dat die groep meestal uit boere bestaan, en nie so gefokus is op papierwerk nie. Die groep het wel ‘n gebedsgroep by die Villa Paradiso, wat die gemeenskap so betrek en bid vir die veiligheid van die gemeenskap.

Een van die groot vrae wat ons almal het is hoe gemaak in nood, wat is die procedure, hoe moet ‘n mens maak as die situasie daar is. Die eerste en grootse maniere is dat die person die voertuig aan diens dadelik bel. Elke dag word die person aan diens se inligting deur die whatsapp groep deurgegee.

Daar is ook ‘n kontrole kamer wat gehardloop word deur die PWV en so het ons ook n noodnommer by hulle.

Verder het die plotwag ‘n radio stelsel en kan sodedoende kontak maak met die voertuie en persone aan diens of die PWV wat die oproep sal deursit na die voertuie aan diens.

Die grootste dryfkrag van die plotwag is misdaad, en om dit te verminder. Die plotwag werk ook saam met ander buurtwag groepe, sekuriteit maatskappye en ook die SAPD.

Die weer speel ‘n groot rol in die misdaad statistieke, daar is gevind dat die meeste misdaad word gepleeg met volmaan, baie winderig en wanneer die reën. Die misdadigers gebruik die natuur tot hul voordeel. Die ernstige misdaad word gevind gewoonlik wanneer dit reën.

As inwoners kan hul n bydrae lewer om die situasie te bevorder onder andere betrokkenheid by die Whatsapp groepe. Hoe meer mense betrokke, hoe meer kennis. Waaksaamheid, wees altyd op die uitkyk na verdagte gebeurtenisse en mense. Jy kan nooit te versigtig wees nie. ‘N goeie kennis van jou area, is net so voordelig. Op die ou einde van die dag is betrokkenheid en ʼn deelname in die gemeenskap. Op die ou einde van die dag, spanwerk bly ‘n voordeel wat ‘n verskil sal maak.

Enige iemand wat graag meer inligting wil het, en selfs wil aansluit kan Harro skakel by 082 775 6466