Johan sterf voor troue kon plaasvind

Johan van Wyk (41), die slagoffer van ‘n plaasaanval in Desember 2018, is Maandag weens beserings van die aanval oorlede. Hy en sy lewensmaat sou Saterdag getrou het.

Kormorant het die afgelope maand berig oor Johan en sy verloofde, Hanli Barnard (47) wat kort voor hul troue in Desember wreed op ‘n plaas naby Lanseria aangeval is. Johan is nege keer geskiet en vir dood gelaat. Hy het vir maande na die aanval vir sy lewe in die hospitaal geveg en toe hy uiteindelik in Mei weer op die been was, het die paartjie opnuut vir hul troue beplan.

Hulle sou Saterdag, 16 Junie getrou het, maar Johan is weens komplikasies van die skietwonde drie dae voor die troue in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Hy is Maandagmiddag in die intensiewe-sorgeenheid van die Helen Joseph-hospitaal oorlede.

Johan het sedert die aanval nie ‘n inkomste gehad nie. Hy was ‘n wewenaar met twee kinders en Hanli het ook twee kinders.

Lees ook: “Die lewe is nooit weer dieselfde nie… maar nou gaan ons trou!”

Indien iemand aan Hanli hulp wil verleen met begrafniskoste and ander dringende uitgawes, kan donasies inbetaal word in die volgende trustrekening:
Martiza du Plessis Prokureurs Trustrekening
ABSA tjekrekening 4075700120
Tak: 632 005
Verwysing: HULP VAN WYK

Lees ook: Plaasaanval-slagoffer kritiek net dae voor troue

https://kormorant.co.za/55613/johan-sterf-voor-troue-kon-plaasvind/