So het Hartbeespoort gestem

Teen Vrydagoggend is al die stemme van Hartbeespoort in Woensdag se verkiesing getel. Broederstroom se uitslae is teen 10:30 ontvang.

Die DA het die meerderheid van die stemme verwerf met ‘n totaal van 6526 stemme. Die ANC het 4183 stemme, die VF+ 2123 en die EFF 883 stemme gekry. Die DA het 11.65% minder as in die 2014 verkiesing verwerf terwyl die VF+ met 8.33% gegroei het.

Die finale uitslae word Saterdagaand bekend gemaak.

https://kormorant.co.za/51709/het-hartbeespoort-gestem/